Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
LBW NUUS
Die koste van gekheid
LBW Briewe
Hoekom net in 'n provinsie?
Vrae oor 90% intentsyfer • Die departement van landbou het sy teiken vir die inenting van die nasionale beeskudde teen bek-en-klouseer (BKS) vroeër behaal én oorskry, sê Willie Aucamp, minister van landbou.
R700 000 se saad in een nag gesteel
Uitspraak bevestig: 'Beskerm landbou se watergebruik' • 'n Hofuitspraak het die belangrikheid beklemtoon dat grondeienaars geraadpleeg moet word wanneer 'n ander party wateronttrekking op hul grond oorweeg, en dat die impak van die beoogde onttrekking op bestaande watergebruikers in die landbou bepaal moet word.
Duisende poste in gevaar as Agoa-voordele verval • Met minder as 60 dae oor voordat Suid-Afrika se tariefvrye uitvoer na Amerika verval, hoop plaaslike landboubedrywe dat die regering 'n wonderwerk kan bewerkstellig. Die verlore inkomste vir Suid-Afrika wanneer hy sy voordele uit die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa) verbeur, kan 'n wye rimpeleffek op die landbou en duisende werkgeleenthede hê.
Onwettige mynbou dryf nuwe gemeenskapsfront • Die behoefte aan 'n sterker reaksie op onwettige mynbou in die Blyderivierspoortdam se opvangsgebied het gehelp om 'n nuwe sambreelorganisasie in Hoedspruit tot stand te bring. Dié organisasie voer nie net die stryd op die ou goudvelde van Pelgrimsrus nie, maar oorbrug ook die gaping tussen die gemeenskap en die munisipaliteit.
El Niño stuur somergraanplanne in 'n nuwe rigting • Dit is natuurlik nie moontlik om die verloop van die klimaat akkuraat te voorspel nie. Gegrond op die vorige opbrengsdalings in droë en warm jare is dit wel moontlik om 'n scenario te skep - en dié data kan boere met beplanning en voorbereiding help.
LBK Kortliks • Die persepsies van boere in die Karoo oor die weer vergelyk besonder goed met die werklike weersdata.
Noordwes-padkrisis: Landbousektor op rand van ineenstorting • In 'n poging om die vernietiging van die plattelandse ekonomie te stuit, eis boere en landbou-ondernemings in Noordwes dat die provinsiale regering aanspreeklikheid aanvaar. As belastingbetalers word hulle gedwing om miljoene rande aan padinfrastruktuur te bestee sodat hul produkte die mark kan bereik en hulle, hul werknemers en diensverskaffers veilig van die pad gebruik kan maak.
Skep jou eie sukses • Greg King is 'n jong man wat glo jy moet self geleenthede skep en dat harde werk en slim beplanning drome kan verwesenlik. Dié 32-jarige boer van die Winterberg-distrik in die Oos-Kaap deins nie terug vir probleme nie en lééf sy motto – bly kalm en hou aan – daagliks uit.
Beplan en voorkom ontnugtering • Baie mense kry nie kundige hulp om hul testament op te stel, toekomsplanne te maak en hul boedelbeplanning te doen nie. Dit veroorsaak later groot probleme en ontnugtering.
Kunsmis: Só kom 3 boere met minder oor die weg • Heelparty boere kon die afgelope jare daarin slaag om hul afhanklikheid van chemiese kunsmis te verminder deur praktyke wat wissel van geen- of minimumbewerking tot dekgewasse en vee. Die klem is deurgaans op basiese grondgesondheid en om natuurlike prosesse in te span. Landbouweekblad het met drie boere gesels wat sukses daarmee behaal.
Optimale fosforvlakke vir maksimum wins • In 'n tyd waarin graanboere se winsgrense onder druk is, het 'n kenner hom toegespits op die hoeveelhede fosfor wat vir die groei van mielies nodig is.
Só boer jy saam met die natuur – onkruid en insekte inklus • As jy...